Topanga vakansie woonstelle (58 & 59)

  • 2 woonstelle in Uvongo langs mekaar (op boonste vloer)
  • Elk ingerig met 2 slaapkamers en 2 badkamers
  • Bespreek apart (gesin van 4) óf saam (familie van 8)
  • See-uitsig
  • Swembad
  • Motorafdak
  • Braaigeriewe
  • Loop afstand na die Uvongo strand
  • Feature 1

    Geriewe in die eenheid

    Selfsorg - goed toegeruste eenheid met lugverkoeling.
  • Feature 2

    Geriewe in die eenheid

    Indien Topanga 58 & 59 saam gehuur word deur een familie of ’n groep vriende, is daar ’n glasdeur wat die stoepe van die 2 eenhede verbind.
  • Feature 3

    Buite area

    Onderdakparkering.
  • Feature 1

    Buite area

    Gemeenskaplike braaiarea.
  • Feature 2

    Buite area

    Swembad en kinderswembad.
  • Feature 3

    Buite area

    Hek met afstandbeheer en sekuriteitsheining.

Strand

• Strandmeer en strandwinkel
• Getypoel en poel vir kinders
• Skibootklub

Gholf

• Margate Gholfklub (4 km)
• Wild Coast Sun Oord & Gholfklub (37 km)
• Sanlameer Gholfklub (18 km)

Winkels

• Wassery, supermark, apteek en restaurante (alles binne loopafstand)
• South Coast Mall (4 km)
• The Waffle House (9 km)

Bespreek

Hoek van Kus- en Collinsstraat,
Uvongo
083 262 7097 (Venessa)
info@topanga.co.za

Oordbeskrywing

Geniet ’n Suidkusvakansie in ’n sjiek, moderne eenheid met selfsorgfasiliteite en moderne geriewe. Topanga in Uvongo is in ’n oop hoefystervorm om ’n glinsterende swembad gebou en is perfek geleë vir ’n fantastiese strandvakansie.
Dis slegs ’n vinnige 200-meterstap na die strand, waar jy ’n lui middag in die son kan baai terwyl die kinders in beskutte rotspoele rondjakker en krappe vang.

Geriewe

Gaste kan langs die lieflike swembad ontspan of op die stoep of by die gemeenskaplike braaiarea braai, of ’n romantiese piekniek op die strand hou, wat net vyf minute se stap van die oord is.
Geniet die luuksheid en stylvolle afwerking van jou moderne eenheid met ’n volledig toegeruste kombuis. Ontspan op die balkon met see-uitsig en geniet die vars seelug.

Koste

Tariewe vir verhuring van een eenheid:
(Maksimum okkupasie is 4 persone per woonstel)
Desember en Januarie: R 1600 per nag
Maart en April: R 800 per nag
Junie en Julie: R 700 per nag
September en Oktober: R800 per nag
Alle ander maande: R600 per nag (met 'n minimum bespreking van 2 nagte)

Let wel: geen diere word toegelaat by die kompleks nie.

Om te bespreek, kontak Venessa: 083 262 7097 of info@topanga.co.za.